top of page

Ons Span

Ons span is passievol oor gewasproduksie en is ten volle bekwaam om 'n reeks professionele dienste aan u te lewer.  Die maatskappy is in 2007 gestig en fokus daarop om hoë kwaliteit kunsmis en gewasbeskermingsprodukte aan kliënte  in die Swartland streek te lewer.
 
Ons spesialiseer in gevorderde agronomiese oplossings met ‘n fokus op die akkurate bestuur van  plae, kunsmis en blaarvoeding.
 
Ons missie behels 'n omvattende diensverskaffingsoplossing aan ons plaaslike landbougemeenskap, met die langtermyn volhoubaarheid van natuurlike hulpbronne in gedagte.  Ons lewer tans diens aan verskeie vooruitstrewende produsente van 'n verskeidenheid gewasse in die Swartland en Bergrivier areas.  

Aangename kennis

Ons tegniese span het 'n breë agtergrond in verskillende vakgebiede wat ondersteun word deur teoretiese en praktiese kennis en ervaring.
Ons administratiewe  span verseker dat u bestellings, betalings en dokumenasie korrek hanteer word. 
 
Ons operasionele span hanteer die bestuur van voorraad en die samestelling en aflewering van u bestellings.

Ontmoet ons tegniese span

_MG_8671_edited.jpg

Marius Carstens

Marius het in 2007 sy Diploma in Landbou verwerf. Waarna hy tussen 2007/2008 waardevolle ondervinding opgedoen in die chemiese produkontwikkelingsbedryf. In 2007 word hy by AVCASA geregistreer. Hy het in 2009 by die Nexus span as Landbou Chemiese Adviseur aangelsuit. Marius fokus op die tegniese ondersteuning vir Sitrus- en Graanplaagbestuur. Hy is ervare met die kalibrasie van spuitpompe en die neem van grond- en blaarmonsters vir ontleding.

_MG_8669.JPG

Eswé  Visagie

Eswé het 18 jaar ondervinding as Landbou Chemiese Adviseur.  Hy vorm die fondasie van die Nexus span sedert die stigting van die maatskappy in 2007. Hy het 'n BSc graad in Biochemie en Mikrobiologie en 'n diploma in bemarking voltooi. Hy is ook sedert 1997 geregistreer by AVCASA.  Eswé bied tegniese ondersteuning vir Tafeldruiwe, Steenvrugte, Sitrus, Graan, Blomme, Rooibostee en Kernvrugte.

_MG_8663.JPG

elmien coetser

Elmien Coetser het BSc Plantproduksie en Grondwetenskappe aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, waar sy ook haar MSc in weefselkultuur gedoen het. Elmien tree nou op as Tegniese Assistent en fokus op die monitering van peste in boorde, sodat effektiewe plaagbestuur gehandhaaf word.

Anchor 1
Anchor 2

Ontmoet ons administratiewe

span

_MG_8691.JPG

Tania Visagie

Tania bestuur sedert 2007 die debiteure en krediteure vir Nexus 24 en hanteer algemene administrasie. Sy behartig ook alle betalings en enige navrae. Tania oorsien ook voorraadvlakke en is betrokke met die organiseer en bestuur van verkseie operasionele aangeleethede.

_MG_8652.JPG

Chrizaan kotze

Chrizaan het in 2012 by die Nexus span aangesluit en is verantwoordelik vir algemene administrasie, navrae, en bestellings .

Anchor 3

Ontmoet ons operasionele

span

_MG_8678.JPG

Shaggy Claasen

Shaggy tree as depotbestuurder by ons Piket-Bo-berg depot op en is verantwoordelik vir die bestuur van voorraad en hantering van bestellings. Hy is sedert 2007 deel van die Nexus 24 span.

_MG_8675.JPG

Pieter  van Neel

Pieter maak ook deel uit van die oorspronklike Nexus 24 span sedert 2007 en is verantwoordelik vir die aflewering van alle bestellings.

"Waardetoevoeging is vir my belangrik en dit is die belangrikste differensiasie faktor in die diensleweringsindustrie - produsente moet verseker wees dat hulle in 'n verhouding belê met 'n bekwame span wat altyd die produsent se beste belange bevorder."

Marius Carstens - Nexus 24

bottom of page