top of page

Ons Produk- en Dienspakket

Ons ervare span is as industrie leiers gereed om u te ondersteun met die nuutste landbou-chemiese dienste en innoverende praktyke, met die langtermyn volhoubaarheid van natuurlike hulpbronne ingedagte.  Ons is gevestig in Piketberg, geleë in die Weskaap, Suid Afrika en ons dienlewerings radius sluit die Swartland en Bergrivier omgewing in. Ons het twee depots in hierdie area om die verspreiding en bekombaarheid van produkte te vergemaklik vir ons kliënte.
Ons Strategie
Ons is die voorkeurkeuse in die bedryf want ons onderneem om :
  • 'n voorloper in die landbouchemiese bedryf te wees

  • aktief betrokke te wees met die ontwikkeling van produksie sisteme op plaasvlak, met 'n sterk fokus op die gebruik van die nuutste tegnologie om produktiwiteit te verhoog

  • die handhawing van 'n geïntegreerde benadering te bewerkstellig in die beplanning van spuitprogramme, om onnodige bespuiting uit te skakel. Asook om alternatiwe beheermaatreëls ten volle te benut om sodoende 'n volhoubare oplossing te bied

  • produsente te ondersteun deur die verhoging van die winsgewendheid van produksie eenhede

  • mededingende pryse te bied

  • deurlopend vaardighede en kennis uit te brei op 'n wye reeks insette

 

  • tydige aflewerings d.m.v. effektiewe logistieke diensverskaffing

  • die bevordering van verhoudings met internasionale produk- en diensverskaffers tot voordeel van ons produsente na te streef

"Ons omvangryke benadering om die hele plaas en die produksiegeskiedenis in perspektief te sien met inagneming van wetenskaplike data en omgewingstendense in die konteks van die nuutste bestuurspraktyke, verseker dat u ten alle tye die beste agronomiese advies ontvang." 

Eswé Visagie - Nexus 24

Jou Sukses
Die ontwikkeling en bestuur van 'n winsgewende boerdery word deur 'n magdom faktore beinvloed met talle bedreigings tot die bestuur van 'n volhoubaare besigheid.

 

Die landboubedryf het oor die jare oorsprong gegee aan die ontwikkeling van verskeie komplimenterende diensleweringsindustrië wat totaal afhanklik is van die sukses van die landboubedryf.  

 

Hierdie beginsel beklemtoon die simbiotiese verhouding tussen produsent en diensverksaffer en vorm die motivering tot gesamentlike sukses.

 

Jou sukses, is ons sukses!

Ons Produkreeks

Ons bied oplossings
Ons bied:
  • die ontwikkeling  en bestuur van omvattende kunsmis-, blaarvoeding- en gewasbeskermingsprogramme

  • die ontwikkeling van oesbeskermings riglyne wat elke produsent se unieke behoeftes in ag neem

  • tegniese ondersteuning vir tafeldruiwe, steenvrugte, sitrus, graan, blomme, rooibostee en kernvrugte

  • moniteringsdienste van peste en plae en die neem van blaar- en grondmonsters vir ontleding

  • die kalibrasie van spuit-, onkruid- en elektrostatiese pompe

  • die verskaffing van alle landbouchemiese produkte teen mededingende pryse

Ons bied persoonlike diens aangepas tot jou unieke behoeftes!

bottom of page